GEORGE NUUS - Sowat 350 vroue van George het op Vrouedag 'n heerlike sosiale byeenkoms by Eagle's Nest Ministries geniet.
George-munisipaliteit het die geleentheid aangebied en dit is gereël deur die munisipale geslags- en gestremdheidskoördineerder, Ejustley Boshoff, in samewerking met 'n groep gemeenskapswerkers en vrywilligers uit die gemeenskap.
'n Interessante program met dans- en sangitems en inspirerende sprekers is opgedis. Dit was 'n ware viering van vrouwees en die mylpale wat vroue bereik het, of dit nou op sakegebied, in die politiek of as ma's is.
Raadslid Charlotte Clarke, die hoofspreker, het oor geslagsgebaseerde geweld gepraat. Sy het gesê as gemeenskappe en vroue hulleself nie gaan mobiliseer om geweld uit te wis nie, hulle nêrens gaan kom nie.
Erika Brown
Dit is die hele samelewing se verantwoordelikheid om geweld hok te slaan. Sy het hulle aangemoedig om hul samewerking te gee aan die polisie, regering, buurtwagte en nie-regeringsorganisasies. Sy het ook gesê vroue moet na binne kyk.
"Alles wat buitentoe afspeel begin in jou huis. Kinders onthou wat hulle ouers hulle geleer het."
Die vroue is vermaak met 'n interessante program van praatjies, dans en sang.
Van links, organiseerder van die funksie Ejustley Boshoff, Linda Smit en raadslid Charlotte Clarke.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'