GEORGE NUUS - Die polisie in Thembalethu ondersoek die dood van twee mans ná hulle doodgebrand het in 'n struktuur in Tabatastraat op Maandagoggend 15 Februarie omstreeks 00:35.
Volgens Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sers. Chris Spies, het inwoners nooddienste in kennis gestel toe hulle opmerk dat die struktuur aan die brand is.
"Die onherkenbare lyke van albei mans is later op die toneel gevind. Omstandighede rondom die voorval word ondersoek en die identiteit van die slagoffers moet nog vasgestel word," sê Spies.
Brand in Moeggeploeg
Pacaltsdorp-polisie het 'n geregtelike doodsondersoek geopen ná 'n vrou (33) in 'n opslaanhut doodgebrand het.
Die voorval het Vrydag 12 Februarie in die informele nedersetting, Moeggeploeg, naby Pacaltsdorp plaasgevind.
Volgens Spies, het die slagoffer ernstige brandwonde opgedoen en is na die hospitaal geneem waar sy later aan haar wonde beswyk het.
"Omstandighede rondom hierdie voorval word nog ondersoek," sê hy.
Three people have burnt to death in shack fires last weekend. A 33-year-old woman sustained serious injuries when the shack she was in caught fire in Moeggeploeg, Pacaltsdorp on Friday 12 February. She was taken to hospital but succumbed to her injuries. In an unrelated incident two men burned to death in a structure in Tabata Street, Thembalethu on Monday 15 February at about 00:35. Their bodies were burnt beyond recognition. Circumstances surrounding both incidents are being investigated.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'