OUDTSHOORN NUUS - Die polisie vra die hulp van die gemeenskap in verband met die verdwyning van die 21-jarige Geraldo Everts.
Hy al is bykans vier weke vermis.
Volgens kapt. Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, is hy op 12 Augustus laas op die plaas, Welgeluk, gesien.
Everts woon in Freedomstraat, Bongolethu, maar was nog nie weer by sy huis nie. Hy het 'n swart hemp en broek aangehad die dag toe hy verdwyn het.
Enige persoon met inligting oor waar Everts hom bevind kan kapt. Deon Bouwer by 082 469 7642 of die speurderkantore by 044 203 274 4400 skakel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'