GEORGE NUUS - ‘n Man is vanoggend met ‘n gebreekte been gehospitaliseer ná sy motorfiets ‘n GO GEORGE-bus in Beachweg, Pacaltsdorp, getref het.
Volgens Pacaltsdorp-polisie se stasiebevelvoerder, luitenant-kolonel Hans Blaauw, het die motorfiets wat vanaf George in die rigting van Pacaltsdorp gery het, die bus van voor aan die linkersy getref.
Die bestuurder van die motorfiets het beheer verloor en ‘n aankomende VW Citi Golf reg van voor getref.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'