TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
ut s.nw., utte. (geselstaal; skeltaal)
Bleek persoon, gew. met vaal of blonde hare, wie se voorkoms tipies met futloosheid geassosieer word: Nes utte sonder bloed, krag, woema. ≈ Ek weet daar is iemand wat in my pad staan, die vaal ut wat agter jou in die klas sit (J.J.G. Grobbelaar: Hans, 1963, 86). Maar die wit ut van ’n Julius, blond soos sy ma, sit asof hy met gom vasgeplak is (Huisg., 25 Nov. 1982, 260).

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’