TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
akkeltjies (ak-kel-tjies) s.nw. (streektaal) (Suidwestelike Afr. →Kaaps) Passies of dansbewegings, veral dié wat snaaks is: “Oe, en kyk dan tog soe die akkeltjies,” lag my ouma … as hulle (die klopse) sulke ekstra lawwe steps gee en dans en spring soos rubberpoppe (L. Rode, vert.: Dans, 2008, E).
Die jaarlikse klopse-karnaval deur die strate van Kaapstad is … gehou met talle troepe wat omstanders en toeriste vermaak het met hul akkeltjies en kleurvolle uitrustings (Son, 18 Jan. 2015, E).
Die vloer is lieg want niemand dans nie / … Skielik is die vloer vol people / wat sing en dans en akkeltjies maak (P. Snyders: Waarskynlike Mens, 1992, 40)
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’