GEORGE NUUS - In Borcherds het 'n vrolike gees geheers met kiesers wat stuk-stuk nadergestaan het by die stemlokaal by Kidstop.
Politieke stalletjies het Thomasstraat opgehelder met hul kleure en verkiesingsgees.
Van die woonbuurt se oudste inwoners het vroegoggend reeds gestem. Verder op in Thomasstraat, voor Heidedal Primêr was dinge ewe jolig.
Enkele stalletjies was teen 09:00 op die bult gestasioneer en kinders het langs die pad gewag vir hul ouers om hul kruisies te maak.
Delivia en Nicolene Jantjies, Nolene Willem, Sonja Scheepers en Jaclene Erasmus het by Heidedal Primêr in Borcherds gestem. Foto's: Michelle Pienaar
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'