Video
GEORGE VERKIESINGSNUUS EN VIDEO'S - Icosa hou vandag hul groot verkiesingsveldtog in George, 'n week voor die nasionale en provinsiale verkiesing op 8 Mei.
Die party se president Jeffrey Donson is hier om sy ondersteuners toe te spreek alvorens hulle 'n kruisie op Stemdag trek.
Die manne en vroue in rooi stap tans deur die woonbuurt in New Dawnpark waar die veldtog gehou word.
Die atmosfeer is jolig en klein kindertjies dans op die musiek wat in die buurt, op 'n oop stuk veld gespeel word om almal in die regte luim te kry.
Kyk twee video's hieronder:
Provinsiale leier van Icosa, Dawid Kamfer, het gesê hul party lê tans vierde in die Wes-Kaap, met net minder as 800 stemme onder die EFF in die 2016 provinsiale verkiesing.
"Icosa het die derde meeste raadslede in die Wes-Kaap, met 12 raadslede in verskeie munisipaliteite,'' het Kamfer gesê.
Kamfer en Donson moedig die gemeenskap aan om hul kruisie te trek volgende Woensdag.
Jeffery Donson (middel) saam met Icosa-lede van George en omgewing.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'