Update
GEORGE NUUS - Die vrou wat daarvan aangekla word dat sy Jadrian Jacobs (19) op Sondag 1 Oktober 2023 in Courtenaystraat doodgery het, het vroeër vandag, Donderdag 28 Maart, in die George-landdroshof verskyn.
Christin Botha, ‘n onderwyseres uit die Oos-Kaap het glo van die toneel weggery ná sy Jacobs op die hoek van Courtenay en Mitchellstrate met haar wit VW Golf getref het.
Haar motor se nommerplaat het egter op die toneel agtergebly en die polisie het die beskadigde voertuig by die haar ouerhuis in Proteapark opgespoor en gekonfiskeer.
Sy is daarna hospitaal toe geneem waar haar bloed getrek is.
Sy moes sedert die voorval glo haar sosiale media blaaie sluit weens teistering en dreigemente vanaf die publiek.
Botha is tans uit op borgtog en moet weer op 19 April in die George-landdroshof verskyn waar daar besluit sal word op ‘n streekhofdatum.
Lees 'n vorige artikel: Familie se vrae onbeantwoord na seun se dood
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’