Update
GEORGE NUUS - Die sewe beskuldigdes in die moordsaak van Sylvester Uithaler (33) verskyn weer op Vrydag 14 November in die George-streekhof vir 'n beplande pleitooreenkoms, ná die saak Maandag 1 September uitgestel is.
Uithaler is ernstig op Sondag 21 Oktober 2023 net ná 17:00 in die parkie tussen Mission-, Lammervanger- en Reierstraat aangerand en vir dood gelos.
Hy is op Saterdag 4 November in die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad dood verklaar nadat sy lewensondersteuningstelsel afgeskakel is.
Die ses aanvanklike beskuldigdes, 'n 18-jarige, Robin Gordon (22), Aisha Saaiman (56), Danelle (33), Legan (28) en Shamila Canary (37), is tydens hul eerste hofverskyning op borgtog van R1 000 elk vrygelaat. 'n Sewende verdagte, wat later in hegtenis geneem is, Keagon van Wyk (23), is later op borgtog vrygelaat.
Volgens beskikbare inligting het die groep glo vir Uithaler vasgegryp, met 'n mes gesteek en nadat hy neergeval het, herhaaldelik op sy kop getrap.
Vorige artikels:
- Pleitooreenkoms in Uithaler-moordsaak
- Sewende verdagte vas in moordsaak
- Ses nou van moord aangekla
- Roudienste vir moordslagoffers
- Jongman sterf, verdagtes kry borgtog
- Ses in hof vir aanval op man in Pacaltsdorp
- Man erg aangerand en vir dood agtergelaat
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’