Update
GEORGE NUUS - Die Pacaltsdorp-polisie het Woensdagaand, 31 Oktober, ses verdagtes aangekeer in verband met die ernstige aanranding van Sylvester Uitlater (33) van Pacaltsdorp byna twee weke gelede.
Uithaler is op Sondag, 21 Oktober, na bewering deur 'n groep mense op die vlakkie tussen Mission-, Lammervanger- en Reierstrate, aangerand en veg tans om sy lewe in die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad.
Die verdagtes, vier mans en twee vroue tussen die ouderdomme van 18 en 56, het laat vanmiddag hulle eerste hofverskyning maak.
Hulle is elk op ‘n R1 000 borgtog vrygelaat en verskyn in Februarie aanstaande jaar weer in die hof.
Uithaler se ouers, wat vroeër die week die hospitaal besoek het, wou toe hulle vroeër vir kommentaar genader is nie enigiets sê oor hul seun se toestand of die voorval nie.
Die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sers. Chris Spies, het die week bevestig dat hulle 'n saak van ernstige aanranding sowel as 'n saak van poging tot moord ondersoek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’