Update
GEORGE NUUS - ‘n Roudiens vir die 18-jarige Kenwin George Simeon word vanaand, Dinsdag 14 November, om 19:00 by sy woning, Crossandrastraat 5519, New Dawnpark, gehou.
‘n Kranslegging sal Donderdag, ook by sy woning, plaasvind.
Simeon was een van twee slagoffers wat die afgelope naweek in New Dawnpark vermoor is.
Sy liggaam is omstreeks 01:42 in die gras langs die pad naby Crossandrastraat gevind. Hy het 'n steekwond aan die linkerkant van sy nek gehad. ’n 18-jarige verdagte is later in hegtenis geneem.
Die ander slagoffer, Ferdinand Abrahams (56) is in ‘n afsonderlike voorval aangeval en vermoor. Abrahams se liggaam is omstreeks 02:22 in Proteaweg gevind.
Hy het 'n steekwond in sy ribbekas onder sy linkerarm en klein oop wonde tussen sy wenkbroue en bo sy linkeroog gehad.
LEES MEER: Two men stabbed to death in Pacaltsdorp
Sylvester Uithaler (33) se roudiens word Donderdag 16 November ook in New Dawnpark gehou.
Uithaler is op Sondag 21 Oktober kort na 17:00 deur 'n groep mense in die parkie tussen Mission-, Lammervanger- en Reierstrate, ernstig aangerand. Hy is na die Groote Schuur-hospitaal geneem, maar is op Saterdag 4 November oorlede ná sy lewensondersteuningstelsel afgesit is.
Enigiemand met enige verdere inligting oor hierdie voorvalle word versoek om Crime Stop by 08600 10111 te kontak.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’