Update
GEORGE NUUS - 'n Sewende verdagte, Keagon van Wyk, het saam met die ses wat aanvanklik vir Sylvester Uithaler (33) se moord aangekla is, op Vrydag 7 Junie in die George-landdroshof verskyn. Van Wyk is in Mei in hegtenis geneem.
Uithaler is kort na 17:00 op Sondag 21 Oktober 2023 deur 'n groep mense in die parkie tussen Mission-, Lammervanger- en Reierstrate, ernstig aangerand en vir dood gelos.
Hy is op Saterdag 4 November in die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad dood verklaar nadat sy lewensondersteuningstelsel afgeskakel is.
Die aanvanklike ses verdagtes tussen die ouderdomme van 18 en 56, Robin Gordon, Aisha Saaiman, Jaydan, Danelle, Legan en Shamila Canary is destyds op borgtog van R1 000 elk vrygelaat. Van Wyk is ook borgtog toegestaan.
Die beskuldigdes het glo vir Uithaler vasgegryp en met 'n mes gesteek. Toe hy neerval is daar glo herhaaldelik op sy kop getrap.
Die saak is tot Vrydag 28 Junie vir verdere ondersoek uitgestel en om 'n streekhofdatum te bepaal.
Vorige artikels:
- Ses nou van moord aangekla
- Roudienste vir moordslagoffers
- Jongman sterf, verdagtes kry borgtog
- Ses in hof vir aanval op man in Pacaltsdorp
- Man erg aangerand en vir dood agtergelaat
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’