GEORGE NUUS - Ses mans van Thembalethu, wat op 7 en 8 Januarie in hegtenis geneem is op aanklagte van ontvoering, verkragting en roof met verswarende omstandighede het verlede Donderdag, 16 Januarie, in die George-hof verskyn.
Hulle word daarvan beskuldig dat hulle op 17 Desember 2024 'n vrou in Thembalethu ontvoer en met wapens gedreig het.
Sy is forseer om saam met die mans na 'n huis te gaan waar een van die verdagtes haar verkrag het.
Die slagoffer is ook van twee selfone beroof.
Die saak is tot 27 Januarie vir 'n formele borgtogaansoek uitgestel. Die beskuldigdes se identiteite kan nie bekendgemaak word voor hulle nie gepleit het nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’