Update
GEORGE NUUS - Die saak teen drie mans wat aangekla word in verband met die moorde op Reginald Stalmeester (32) en Marcelino Januarie (20) in Borcherds in Julie 2024, kom weer op Maandag 28 September in die Thembalethu-streekhof voor.
Edwin Jacobs (40), Shaun Claassen (40) en Tsepho Ditaba (29) staan tereg in verband met die twee moorde wat op Saterdag 13 Julie in Spandielstraat plaasgevind het.
Stalmeester en Januarie is binne minute van mekaar by hul onderskeie huise geskiet.
Stalmeester is met 'n skietwond aan die bors gevind, terwyl Januarie met skietwonde aan sy bors en arm in sy buitekamer aangetref is.
Ditaba is die dag ná die voorval in hegtenis geneem, terwyl Jacobs en Claassen later deur die polisie aangekeer is.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’