Update
GEORGE NUUS - Die sewe beskuldigdes in die moordsaak van Sylvester Uithaler (33) verskyn op Maandag 1 September weer in die George-streekhof vir ’n beplande pleitooreenkoms.
Uithaler is op Sondag 21 Oktober 2023 net ná 17:00 in die parkie tussen Mission-, Lammervanger- en Reierstraat ernstig aangerand en vir dood gelos.
Hy is op Saterdag 4 November in Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad dood verklaar nadat sy lewensondersteuningstelsel afgeskakel is.
Die ses aanvanklike beskuldigdes, Robin Gordon, Aisha Saaiman, Jaydan, Danelle, Legan en Shamila Canary, is tydens hul eerste hofverskyning op borgtog van R1 000 elk vrygelaat. ’n Sewende verdagte, wat later in hegtenis geneem is, Keagon van Wyk, is later ook op borgtog vrygelaat.
Volgens beskikbare inligting het die groep glo vir Uithaler vasgegryp, met ’n mes gesteek en, nadat hy neergeval het, herhaaldelik op sy kop getrap.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’