GEORGE NUUS - 'n 33-jarige verdagte is in hegtenis geneem na die moord van 'n 20-jarige slagoffer op 'n plaas naby Herold in die Langkloof. Die voorval het op Maandag 18 November, omstreeks 06:40, plaasgevind.
Daar word beweer die voorval spruit uit 'n bakleiery tussen twee plaaswerkers.
Die rede vir die bakleiery en die motief agter die moord, is nog onbekend. Met die polisie se aankoms het hulle die slagoffer met 'n steekwond aan sy bors aangetref.
Daar word beweer dat die mans vroeër ook in 'n argument betrokke was.
Die verdagte is in hegetnis geneem en was geskeduleer om vandeesweek in die hof te verskyn.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’