Update
GEORGE NUUS - Die 28-jarige man, wat aangekla word van die moord en verkragting van Emerencia Roman (19) van Kleinkrantz in Desember 2019, het Dinsdag 27 Februarie in die George-streekhof verskyn.
Die saak is tot Maandag 28 Oktober uitgestel vir die verhoor om te begin.
Die beskuldigde is drie jaar na Roman se moord, in September 2022 in hegtenis geneem ná hy met DNS-bewyse aan die misdaad verbind is. Hy is sedert sy inhegtenisname in aanhouding.
Roman, 'n oudleerder van Hoër Tegniese Skool Eden, se liggaam is Maandagoggend, 9 Desember 2019, omstreeks 06:00, deur 'n verbyganger in bosse in Kleinkrantz gevind.
Sy is laas die vorige Sondagaand by 'n sosiale byeenkoms by 'n huis in die omgewing gesien.
Sy het drie steekwonde aan haar nek gehad en is ook wreed verkrag.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’