SUID-KAAP NUUS - Die SWD-krieketskeidsregters-vereniging beplan 'n skeidsregterskursus vir alle voornemende krieketskeidsregters.
Jean Neethling het namens die vereniging gesê alle belangstellendes is welkom om die kursus by te woon. Die kursus word gratis aangebied en almal kry ook 'n nuwe reëlboekie.
"Vroue word veral aangemoedig om by dit te woon."
Die kursus is vir Maandag 20 November van 16:00 tot 20:00 geskeduleer. Dit vind by die Bridgton-sportterrein (onder die nuwe pawiljoen) plaas.
Verversings sal beskikbaar wees. Vir enige navrae kan Neethling by 082 776 9510 gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'