Advertorial
GEORGE NUUS - Met die viering van ons twee winkels, naamlik Ouboet (die oudste in Courtenaystraat) en Kleinboet (die jongste in die Garden Route Mall), wat hierdie week onderskeidelik 38 en 3 jaar oud is wil Van Rensburg Foods graag hul kliënte bedank.
Van Rensburg Foods se sukses setel in ‘n sprokiesverhouding tussen ons en ons lojale kliënte van George, die Suid-Kaap en nasionaal.
Dit is ‘n vertrouensverhouding wat as bloudruk vir die SA Rooivleis kleinhandel bedryf kan dien. Dit is gestig toe wyle PM en Lottie (94) van Rensburg Slagtery in Wellingtonstraat begin het.
Voor dit het hy die Grasveld vanuit die Kammanassie (waar hul bywoners was) kom verken deur boerbokvleis en perskebrandewyn aan die bosbouers te verkoop en Lottie as sestienjarige by hom begin werk het.
Hier in Wellingtonstraat, later ook in Markstraat, was die kliënte nog klante en het hul nie by ‘n besigheid gekoop nie, hulle het daar gedeel!
Dit som die uitbou van ‘n wederkerige verhouding oor 82 jaar raak op: vandag nog deel ons kliënte met ons en dit is vir ons lekker as ons kliënte ons produk geniet – elke keer!
Ons kliëntebasis is die fondament van ons besigheid! Dankie vir u ondersteuning en weet dat ons dit koester en jaloers daaroor waak. Ons het groot waardering daarvoor.
Ons onderneem om ons leuse, “never stop improving and innovating” in die toekoms sterker vorentoe te vat in ons strewe om Van Rensburg Foods-handelsmerke en -produkreekse, in samewerking met u ‘n leefwyse van WOW-eetervaring te maak – elke keer.
Ons moet egter die eiesoortigheid van ons besigheid verduidelik.
Wat behels dit om volle beheer oor jou produk te hê? Dit is die vol ketting waar elke skakel ‘n afdeling is wat waarde met elke proses toevoeg. Dit moet bestuur word. Dit moet onafhanklik gekontroleer word. Dit is wat vereis word om die eindproduk veilig, vars en van hoogstaande kwaliteit te kan waarborg.
Dit is ononderhandelbaar wanneer jy moet pa staan vir jou produk.
In ons geval verkoop ons elke gram aan ons kliënte – rou, semi verwerk of gaar, wegneem of aansit. Dit bring verantwoordelikheid!
Baie dankie van ons direksie: Jan van Rensburg, Carolien van Rensburg, Gerhard Streicher en Toni Raschbichler en ons bestuurders Wally en Brandon en hulle personeel.
Die span van Van Rensburgs Foods Garden Route Mall (Kleinboet).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'