PROMOSIE ARTIKEL - Valley Containers vier vanjaar hul 30ste bestaansjaar met trots. Vir die laaste drie dekades het Valley Containers, met hul kenmerkende groen vraghouers, 'n integrale deel van die George-landskap geword.
Die merkwaardige besigheid het in 1994 begin met net twee vraghouers in Mosselbaai onder die naam Rent-A-Container. Vandag staan Valley Containers trots met takke in Mosselbaai, George, Kimberly, Kathu, Gqeberha en Oos- London.
Maar wat maak Valley Containers so besonders?
Dis hul veelsydigheid. Hulle voorsien in 'n wye reeks behoeftes: van stoorplek en mobiele kouegeriewe tot klaskamers en kantore. Hulle het selfs al 'n vliegtuig vir 'n kliënt uitgevoer! Bekende kliënte soos Tekkie Town, Woolworths, Checkers en die Mediclinic-bouperseel in George vertrou op hul dienste.
Valley Containers het ook 'n aantal unieke en inspirerende projekte aangepak wat hul vindingrykheid en betrokkenheid by die gemeenskap beklemtoon.
Hulle het 'n Valley Container vraghouer omskep in 'n Seattle Coffee winkel.
In Knysna het hulle saam met Breadline Africa gewerk om skole uit vraghouers te omskep, wat die lewens van baie kinders verbeter het. Nog noemenswaardige projekte is hul bydrae tot die kontsruksie van afgelee watersuiweringstelsels en minikragnetwerke op plase en ander afgesonderde plekke waar hulpbronne moeilik bereikbaar is.
Carla Olivier, bestuurder van Valley Containers, vertel: "Ons kan talle inspirerende verhale vertel van kliënte wat 'n klein besigheid in 'n Valley Container-vraghouer begin het en dit uiteindelik kon verruil vir 'n permanente gebou. Valley Containers het self in die beginjare hul besigheid uit 'n vraghouer bedryf."
Hul sukses is te danke aan die harde werk van hul personeel wat almal deel is van die Valley Containers-familie. Sommige van die personeel is al amper 30 jaar by die maatskappy en hul spanwerk speel 'n sleutelrol in die bereiking van hul doelwitte. Die maatskappy is trots op die hegte band wat tussen werknemers gesmee is, wat 'n sterk fondasie vir toekomstige sukses verseker.
Valley Containers sien uit na nog vele jare van dienslewering en groei saam met hul getroue personeel en kliënte. Wanneer jy weer 'n groot groen Valley Container met die kenmerkende wit V sien, onthou die storie van visie, harde werk en die diep gewortelde verbintenis aan die gemeenskap. Op 30 jaar van Valley Containers se sukses en nog vele jare van groei en dienslewering!
Adres: Pioneerstraat 22A, Pacaltsdorp Industria
Tel: 044 878 0878
E-pos: info@valleycontainers.co.za
Webwerf: https://valleycontainers.co.za
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’