GEORGE NUUS - 'n Verjaarsdagkoek is vandag kort na 12:00 gesny ter viering van die 20ste verjaarsdag van Upstairs at Harry's.
Upstairs at Harry's, in die stadskern by Harry Mann Square in Yorkstraat, is een van die bekendste kuierplekke en restaurante in George.
Dr. Willie Cilliers, bekende sakeman, het die plek 'n paar jaar gelede gekoop. Dit het voorheen verskeie eienaars gehad.
Dit is vernoem na dr. Harry Mann, 'n mediese dokter. Sy huis het oorspronklik op die perseel gestaan.
Upstairs at Harry's het sy deure op 7 August 1999 geopen. Dean Hahn was toe die eienaar en hy het dit in 2014 aan Dick Cummins verkoop.
Klante wat vandag in Upstairs at Harry's was toe die koek gesny is het elkeen 'n stukkie verjaarsdag koek ontvang.
Die koek was versier met die onderneming se naam en embleem. Mense het spontaan 'Happy Birthday' gesing.
Cilliers is deur Maria Delo, Upstairs at Harry's se sjef gehelp om die koek te sny. Delo werk reeds sedert die ontstaan van Upstairs at Harry's daar.
Die koek wat gebak en versier is om Upstairs at Harry's se 20ste verjaarsdag te vier. Foto: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'