Advertorial
BESIGHEIDS NUUS - The Biltong Café is 'n winkel waar 'n mens vars en vullende wegneemetes teen 'n bekostigbare prys kan koop.
Johan Wilkens, die eienaar, se idee agter die onderneming is om 'n bekostigbare diens aan kantoorwerkers te lewer wat nie tyd het om etenstye uit te gaan nie.
Die winkel verskaf ook Kalahari-biltong teen 'n baie redelike prys, verouderde beesfilet, soetkoekies, beskuit, tuisgebottelde konfyte en 'n klein voorraad soetgebak.
Mense in die middedorp kan stap na die gerieflik geleë winkel (twee persele van Texas Grill af).
Daar is tafeltjies waar 'n mens jou ete kan nuttig in die winkel se aangename, ligte atmosfeer.
Jy kan 'n spesiale aanbieding kies, soos biltong en kaas op 'n vars rolletjie met 'n koppie koffie of koeldrank vir onder R30. Of geniet 'n stukkie koek en koffie vir R28. Vrydae kos die beesfiletrol met 'n koeldrank R35.
Die spyskaart bied ook vullende slaaie met smaaklike kombinasies, soos die neute- en biltongslaai of gerookte hoender- en hamslaai, en dis net so bekostigbaar. Daar is ook 'n verskeidenheid pasteie.
Etes word vars gemaak en nie vooraf verpak nie.
Aflewering kos R5. Wanneer meer as een bestelling by 'n enkele adres afgelaai word, bly dit R5.
Klante kan kontant, deur middel van 'n mobiele spoedpunt of deur Zapper betaal.
Plaas bestellings by 073 907 1108.
Bederfpakkie op Valentynsdag
Vir Valentynsdag span The Biltong Café saam met hul bure, Core Catering, om 'n mooi romantiese Valentynspakkie op te maak met snoephappies in 'n bak en vier glase.
Ideaal om jou geliefde mee te bederf.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'