TASOL Solar is vir die afgelope twee jaar 'n gevestigde maatskappy in Voorbaai, Mosselbaai wat sonverhittingstelsels in die Suid-Kaap verskaf. Die onderneming het vroeër vanjaar na ‘n nuwe perseel in die Bayview Plaza in Voorbaai verskuif.
Oor die afgelope twee jaar het TASOL merkwaardig van krag tot krag gegaan. Hulle glo hulle slegs aan die beste kwaliteit produkte en uitstekende dienslewering.
Die eienaar, Ronald Firmani, 'n bekende in Mosselbaai se besig-heidskringe, is reeds langer as 15 jaar 'n inwoner en besigheidsman in die dorp.
TASOL Suid-Kaap is ’n direkte agent vir die TASOL-produkreeks in die streek.
TASOL maak gebruik van die nuutste vakuumbuistegnologie wat hitteverlies beperk en was die eerste verskaffer van vakuumbuistegnologie wat die goedkeuring van die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS) verkry het.
Die produkreeks werk uitstekend - selfs in rypgeteisterde gebiede. Buise kan een-een vervang word, sou dit breek.
Reuse besparings
Met TASOL se wye produklys kan die kliënt 'n groot kragbesparing behaal deur een van die groot verskeidenheid stelsels te installeer.
Nuut op die produklys is die nuwe hittepomp wat saam met die sonverhittingstelsels geïnstalleer kan word.
Deur slegs die hittepomp saam met die TASOL-sonverhitting-stelsel aan te skakel kan die kliënt tot dubbel die normale besparing geniet. Die hittepomp kan ook as 'n alleenstaande stelsel geïnstalleer word, waar dit dan die geiser se element vervang.
TASOL Solar is ook op Eskom se webwerf vir Demand Side Management (DSM) gelys en het reeds verskeie tenders ontvang en voltooi. Met die onlangse verhoging in elektrisiteitskoste kan TASOL jou help om die eerste stap na besparing te neem.
Koste-effektief
Saam met die verhoging van elektrisiteitskoste kan die terugbeta-lingsperiode verminder word. Die TASOL Solar-reeks is nou in 'n posisie om koste-effektiewe oplossings in alle son-waterverhittingsisteme mee te bring.
Veral TASOL se Kwikot 150l Retrofif-kategorie, waar kliënte met geisers jonger as drie jaar nou 'n stelsel vir soveel as R8 247,32 vir die omskakeling na sonkrag kan bekostig.
Installeer dus nou jou son-waterverhittingstelsel in hierdie moeilike ekonomiese tye en pluk die vrugte. Jy sal jou eerste besparing ondervind wanneer jou warm water gratis is!
Kontak TASOL Solar by 044 695 3072 of besoek hulle op die hoek van Louis Fourie- en Garritstraat in die Bay View Plaza, Voorbaai, Mosselbaai. E-posse kan gerig word aan southerncape@tasolsolar. co.za.