Advertorial
GEORGE SAKENUUS - Spescare is die enigste sub-akute rehabilitasiehospitaal in George. Dit is geleë in die Bergville-aftreeoord aan die voet van die pragtige Outeniquaberge.
Die historiese gebou is in 1952 opgerig en was die eerste Vincent Palotti-hospitaal in die land. Die pasiëntebasis was grootliks kinders en prosedures in die teater was kort prosedures soos tonsillektomieë en appendektomies.
In 1999 is dié hospitaal deur die bekende sake-egpaar, Johan en Emsie Deysel omskep in 'n sorgeenheid vir verswaktes. Die behoefte vir 'n sub-akute rehabilitasiehospitaal het deur die jare toegeneem en in 2011 is 'n sub-akute rehabilitasielisensie aan die hospitaal toegeken.
Spescare, wat reeds in die Wes-Kaap (Strand, Paarl, Hermanus en Stellenbosch) asook Swakopmund gevestig is, het op
1 Julie 2018 die leisels by die Deysels oorgeneem en die hospitaal het deel geword van die Spescare-familie.
'n Sub-akute hospitaal is die brug tussen 'n akute hospitaal en 'n pasiënt se huis. Wanneer 'n pasiënt stabiel genoeg is om ontslaan te word uit 'n akute hospitaal, maar steeds mediese versorging nodig het, tree Spescare in deur 'n volledige rehabilitasieprogram saam te stel vir elke individu.
Spescare George is 'n gelisensieerde rehabilitasiehospitaal ten volle toegerus met 'n gimnasium vir rehabilitasie. 'n Multi-dissiplinêre span is aangestel wat bestaan uit twee algemene praktisyns, arbeidsterapeute, fisioterapeute, 'n sosiale werker, spraakterapeut, sielkundige asook psigiaters en dieetkundiges (indien nodig).
Danksy Discovery se 'Care'-program word opname vergemaklik deur 'n Discovery-verteenwoordiger wat op die perseel teenwoordig is.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'