Advertorial
GEORGE NUUS - Die dood maak nie 'n afspraak nie. Die harde werklikheid is dat elkeen van ons eendag gaan sterf. Dit is 'n dag waaroor ons moet dink, waaroor ons moet gesels en waarvoor ons moet beplan.
Wanneer daardie ondenkbare dag aanbreek, bly ons geliefdes agter om die skok, trauma, smart en rou te hanteer. Maar daarmee saam moet hulle ook oneindige administrasie trotseer en uitsorteer.
Dit is 'n swaar las op hulle, maar ongelukkig onvermybaar.Om hierdie hele hartseer, onaangename proses vir hulle te vergemaklik, is die beskikbaarheid van 'n volledige, op datum Lewenslêer 'n noodsaaklikheid.
Hierin word belangrike dokumente soos identiteitsdokumente en paspoorte, testament, huweliksertifikaat, motorregistrasiepapiere, versekeringsinligting, verbanddokumentasie, om net 'n paar van die 42 belangrike dokumente te noem, alles bymekaar georganiseer.
Dan is daar ook ons digitale nalatenskap waaraan ons moet dink, byvoorbeeld al ons pinnommers en wagwoorde, ons sosiale media rekeninge en nog soveel meer.
Sonja Smith Begrafnisgroep maak hierdie taak maklik en toeganklik, deurdat jy jou Lewenslêer aanlyn, telefonies of direk by die tak kan bestel.
Elke lêer het uitgesette afdelings vir benodigde dokumente reeds in plek gesit. Al wat jy hoef te doen is om jou persoonlike dokumente bymekaar te maak en hierin te liasseer.
Om meer hieroor te gesels, kontak ons by 044 110 0020 (George), 044 110 0021 (Mosselbaai) of kom besoek ons gerus by ons perseel in die ou Pienk Olifant-gebou in CJ Langenhovenstraat 23, Dormehlsdrift, George.
Ons kantore in Mosselbaai is geleë te Soetdoringstraat 32, Heiderand.
Lewenslêers is ook aanlyn beskikbaar en kan bestel word by www.sonjasmith-funerals.co.za. Begrafnisse met Sorg, Deernis en Waardigheid.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’