Advertorial Gallery
MOSSELBAAI SAKE NUUS - Hartenbos se see en sand roep jou, maar jy is nie 'n kampeerder of selfsorgliefhebber nie?
Dan is die splinternuwe luukse Seefront Solders net die oplossing. Hierdie nege eenhede bied smaakvolle verblyf, binne 80 meter van die strand en sluit daagliks 'n heerlike ontbyt by die Koswerf Restaurant in.
Die Solders, wat deel uitmaak van die Seefront-dorpsplein, is ideaal geleë vir vakansieverblyf, wegbrekies asook vir sakedoeleindes. Die plein spog met ses restaurante en koffiewinkels wat 'n wye verskeidenheid disse vir elke smaak aanbied.
Die Solders is ideaal vir die oefenentoesias. Benewens die uitgestrekte strand vir draf of wandel is daar ook 'n gimnasium en verhitte swembad. Die ATKV-pretpark bied 'n uitdagende avontuurgholfbaan en buite swembad.
Die Solders het drie verskillende tipe eenhede om van te kies: Platinum, Goud en Silwer.
Dis geskik vir twee gaste behalwe twee eenhede wat hoë gehalte slaapbanke het om nog twee gaste te kan akkommodeer.
Elke eenheid spog met luukse afwerkings, gratis Wi-Fi en 'n koffiestasie. Daar is ook 'n yskassie en 'n kluis asook strandhanddoeke.
Om die opening van die luukse eenhede te vier, is daar spesiale aanbiedings beskikbaar. Tot 31 Augustus is daar 'n winterpromosie met 'n 20% korting vir nie-lede asook lede en 'n 30% korting op die prys vir sakelui.
Besprekings kan gedoen word by 044 601 7200 of stuur e-pos aan hartenbos@atkv.org.za
LIDTARIEWE: Lede van die ATKV kwalifiseer vir 'n ekstra korting op die tariewe. Kwoteer jou lidnommer wanneer jy jou bespreking maak.
Solders se eenhede spog met luukse afwerkings, gratis Wi-Fi en 'n koffiestasie.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'