Advertorial
GEORGE SAKENUUS - Enigiemand kan in 'n situasie beland waar hulle met opgehoopte skuld sit wat hulle nie in staat is om terug te betaal nie, en dit gebeur nie net altyd weens roekelose spandering nie, sê die plaaslike skuldberader, Annelle van Tonder.
"Van die kliënte wat ek al gehelp het, het te veel skuld weens onvermydelike lewensituasies soos siekte of werksverlies. Ons weet almal lewenskostes is hoog en salarisse hou nie altyd by met verhogings nie.
"Jy mag dink dat jou skuld onoorkomelik is en dat jy nooit daaruit gaan kom nie, maar, sê Annelle, sy mag jou waarskynlik kan help.
"Dit is nie nodig om jou huis of motor te verloor nie. Ons kan help dat dit nie gebeur nie."
Hulle onderhandel met jou krediteure vir laer maandelikse paaiemente en konsolideer dan al jou betalings in een maklike maandelikse paaiement. Kliënte het dan genoeg geld oor om hul uitgawes te dek.
Debt Sense Group het 'n sterk regspan wat namens hul kliënte optree, asook 'n interne versekeringskonsultant.
Die span van Debt Sense Group George, van links: Corbett Miles, Annelle van Tonder en Charmaine Gericke. Foto: Alida de Beer
"Dit is baie belangrik om iemand te gaan sien wat in jou area werk, waar jy weet waar die kantoor is en waar jy kan aanklop as daar 'n probleem is. Baie mense kom hier aan, dan het hulle iemand in 'n ander dorp genader om hulle te help, maar dan het die kliënte vrae of probleme en sukkel dan om dit uit te sorteer, veral as hulle deur oproepsentrums moet werk.
Ons wil dus kliënte waarsku om nie in daardie strik te trap nie," sê Annelle. Debt Sense Group het 'n sorgsame verhouding met hul kliënte.
"'n Kliënt is nie net 'n nommer nie. Ons leer hul omstandighede ken en 'n unieke plan word vir elke individu uitgewerk volgens hulle behoeftes.
"As hulle by die beradingsplan hou, word hulle gerehabiliteer. Baie van my kliënte wat die proses voltooi het, verkies uiteindelik om skuldvry te lewe en gaan nie weer skuld aan nie."
Debt Sense Group vier vanjaar hulle agste bestaansjaar in George en verseker kliënte van kwaliteitdiens te alle tye.
Kontak: 084 945 5290 of 044 873 3837.
Adres: Mitchellstraat 73, George of www.debtsensegroup.co.za.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'