Advertorial
SUID-KAAP SAKE NUUS - Die bekende Robin's Nest Interiors in Kerkstraat, Oudtshoorn, het onlangs van eienaars verwissel en sodoende 'n nuwe dimensie aan die onderneming gegee.
Toe Morné en Lynette Janse van Rensburg aan die begin van die jaar Oudtshoorn hulle nuwe tuiste gemaak het, was Lynette reeds vir meer as 21 jaar 'n bekende en gevestigde binnehuisontwerper.
Haar onderneming, Red Poppies Interiors, het kliënte oor die hele land heen en spesialiseer in residensiële-, klein korporatiewe persele en gastehuise. Met die aankoop van Robin's Nest is haar kundigheid nou toeganklik vir die hele Tuinroete.
Red Poppies Kids het uit Red Poppies Interiors voortgevloei en ook dit het nou deel geword van die wye reeks dienste wat Robin's Nest aanbied.
Volgens Lynette was die besluit om Robin's Nest te koop 'n maklike een. "Robin's Nest is 'n gevestigde besigheid wat reeds 20 jaar in Oudtshoorn bestaan en 'n betroubare handelsmerk waarop ons kan voortbou."
'n Mens kan bloot by Robin's Nest instap om Lynette se flair met ontwerp en binnehuisversiering te ervaar. Die vertoonlokaal van die winkel getuig van kundigheid, smaak en 'n aanvoeling vir presies die regte meubelstuk of bybehore op die regte plek.
Neem Red Poppies Interiors se uitgebreide dienste wat reeds tevrede kliënte landwyd het, en voeg daarby Robin's Nest se kundige dienste en jy het die ideale onderneming wat 'n volle binnehuisontwerpdiens bied om in elke denkbare behoefte te voldoen.
Van die dienste wat Lynette se span by Robin's Nest bied sluit die volgende in:
- Algehele beplanning en ontwerp van huis kantoor/gastehuis se styl en kleurskema
- Die volledige uitvoering en installering van die beplande projek, tot by die laaste detail
- Maak van gordyne, kussings, dekens en vele meer bybehore
- Stoffering en restourasie van meubels deur kundiges
- Aanbring van muurpapier
Robin's Nest se kleinhandel-afdeling is ook uitgebrei om kliënte 'n groter verskeidenheid geskenke en bybehore te gee om van te kies en 'n voorraad los matte is ook beskikbaar. Nog 'n aspek waaroor Lynette opgewonde is, is die kinderafdeling wat geleidelik bygevoeg word. "Met die sukses van Red Poppies Kids het ons besluit om ook met Robin's Nest in die behoefte van kinderkamers te voorsien."
Om Lynette en Morné te ontmoet en hulle kundigheid te ervaar besoek Robin's Nest in Kerkstraat, Oudtshoorn, oorkant Standard Bank op Maandae tot Donderdae vanaf 08:00 tot 17:00 en Vrydae vanaf 08:00 tot 16:00.
Kontak hulle by 044 272 0361.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'