Advertorial Gallery
SAKE-NUUS - Op Vrydag 9 November het Rauch Gertenbach Prokureurs tydens 'n formele glansgeleentheid wat ook as Kersete vir sy personeel gedien het, erkenning gegee aan diegene met langdiensjare by die firma.
Getrou tot die amper honderdjarige kultuur van stabiliteit en sukses, is daar personeel by hierdie firma wat hulle volle loopbane daar deurgebring het.
Danie Acker het namens die direksie die verlede, hede en toekomstige beplanning van die firma opgesom. Hy het ook na die hoekstene waarop die gesonde kultuur en sukses van die firma gebou is en voortgesit sal word verwys.
Groot dank is nie net teenoor getroue personeellede uitgespreek nie, maar ook teenoor lojale kliënte wat die firma deur dik en dun ondersteun.
Die firma het die afgelope vyf jaar deur ‘n skerp groeifase gegaan en bied nou werk aan 42 personeellede, waarvan 11 professionele personeel is. Die firma het nou ook kantore in beide Mosselbaai en George.
Personeel wat langdienstoekennings ontvang het is soos volg:
NAAM | JARE |
ACKER DANIE | 25 |
GROOTBOOM MELANIE | 25 |
CLAASSEN GERDA | 20 |
DOMINGO ELLEN | 20 |
MULLER JUNENE | 20 |
DE MOOR ERICA | 20 |
BARNARD MARCELLE | 15 |
PACE EMMA | 15 |
VAN NIEKERK STEYN | 15 |
FOURIE JACO | 10 |
KRUGER BAREND | 10 |
Marian Vermeulen | 35 |
Helene Fry (afgetree in Julie) | 35 |
Theresa Michaels | 15 |
Rauch Gertenbach bedank ook alle borge wat pryse vir hierdie funksie beskikbaar gestel het. Dit sluit in: Absolutely Scuba Dive & Snorkel Charters; African Art; Boshoff Visser Mosselbaai Ing; Botlierskop ; Canon; Cattle Baron; Cell C; Coastal Plants Nursery; De Bakke Car Wash; Delfino's; Diaz Karwas; Fearless Café; Garden Court Hotel Mosselbaai; Groot Brak Spar; Hi-Q Mosselbaai; Jean Bare; Le Blanche Studio; Legal Suite; Nedbank; Pinnacle Point Golf Estate; Ponto Grill; Renaissance Design Studio; Standard Bank; Stationery Warehouse Voorbaai; Suid Kaap Biltong; The Nail & Beauty Studio; Viking Anchor Restaurant; White Shark Africa Ocean Extreme; Zoë Hair.
Die firma het die afgelope vyf jaar deur ‘n skerp groeifase gegaan en bied nou werk aan 42 personeellede, waarvan 11 professionele personeel is.
Die funksie het plaasgevind by die Ochre-lokaal wat deel vorm van die Café Gannet Restaurant in Mosselbaai.
MOSSEL BAY
Advertiser Building
10 Church Street
Tel 044 601 9900
office@rgprok.co.za
GEORGE
Laché House
120 York Street
Tel 044 601 9900
office@rgprok.co.za
Website: http://www.rgprok.co.za/#traditional-values
Facebook page: https://www.facebook.com/rgattorneys/
'We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news'