Sponsored Content
TUINROETE SAKENUUS - Met die eeufees van Rauch Gertenbach Prokureurs voor hande, is die tyd behoorlik ryp om die kollig op die firma se ryke geskiedenis, die huidige stand van sake en ook ‘n blik die toekoms in, te plaas.
Te midde ‘n druk program, het die direkteure van die firma ‘n tydjie afgeknyp om te gesels oor die dinge wat hulle na aan die hart lê. Uit die aard van die saak sluit dit hulle professie in, maar meer nog, ook die verskil wat hierdeur in kliënte se lewens gemaak word.
Nommerpas
Barend Kruger het in Kroonstad gepraktiseer. Hy en Jaco Fourie, toe op Henneman, het mekaar gereeld in die hof raakgeloop.
Elke jaar het Kruger ‘n draai by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees kom maak en dan die kuiertjie op Mosselbaai kom afsluit voor die terugkeer Vrystaat toe.
“Ek was ‘n bietjie keelvol vir die Vrystaat. Die winters het my begin vang. Dis nie mooi nie en dis nie lekker nie. Ek was lus vir verandering,” verduidelik Kruger. Na een so ‘n terugkeer huis toe, 16 jaar gelede, is die eerste ding wat hy doen om die regstydskrif De Rebus op te tel. Daar, tot sy verbasing sien hy ‘n advertensie van Rauch Gertenbach vir ‘n litigant.
Die pos was eintlik vir ‘n jonger prokureur geadverteer, maar Kruger doen toe wel aansoek na ‘n gesprek met Jaco Fourie, toe reeds verbonde aan Rauch Gertenbach. Hy het afgevlieg vir ‘n onderhoud, teruggekeer Vrystaat toe en met sy werk voortgegaan – die moontlikheid van ‘n skuif uit sy gedagtes.
“Ek was in die advokatekamers in Bloemfontein toe Jaco my bel en vra wanneer ek kan begin.”
Op 25 Augustus 2006, begin sy reis by Rauch Gertenbach waar sy ervaring in derdeparty-eise die firma soos ‘n sou handskoen pas.
Bevrediging
Vir Kruger is die groot genot om kliënte te help wat andersins sleg daaraan toe sou wees.
“Bykans ‘n 100% van die kliënte wat geraak word deur sake wat te doen het met mediese nalatigheid, regsaanspreeklikheid en die padongelukkefonds, kan nie die regskoste bybring nie.”
Kruger reken dat dit ‘n groot voordeel is dat hierdie sake aanvaar kan word op ‘n gebeurlikheidsfooibasis, wat sodoende in ‘n groot mate bydra om eise te laat realiser.
“In sulke gevalle is daar talle afsprake met kundiges asook spesiale verslae betrokke. Dit kan finansieel baie uitputtend wees. Ons is gelukkig om ‘n sterk firma te he wat dit kan bekostig om te help. Om daardie blydskap en verligting op kliënte se gesigte te kan sien, is ‘n hoogtepunt.”
Hy verwys onder meer na die saak van Loretta Botha, wat ‘n 10 jaar lange hofstryd gevoer het om kompensasie van die Oos-Kaapse departement van vervoer te kry, na haar man se dood. Dan is daar ook ‘n vrou, ‘n destydse werknemer by PetroSA wat met ‘n vragmotor op die N2 gebots het, nadat dit voor haar ingedraai het.
“Sy het die voertuig nie gesien nie, die son was in haar oë. Sy het baie seergekry. Gelukkig kon die firma die nodige kundigheid en ondervinding bied om haar te help. Ons het nou nog kontak.”
Rauch Gertenach se direkteure (voor) Danie Acker, Maryke Landman, (agter) Jaco Fourie, Barend Kruger en Van Niekerk Steyn.
‘n Kwessie van struktuur
Tydens die gesprek met die direkteurs, het Danie Acker verwys na die hoogstaande professionaliteit in die firma. Hy het verwys daarna dat die bestuur voorheen elk vir ‘n bepaalde afdeling verantwoordelik sou wees – met moeite.
“Dit was ‘n gesukkel. Een prokureur sou die personeel hanteer, ‘n ander die bates en een weer die finansies.”
Met Basson Piek se aanstelling as bedryfshoof 10 jaar gelede, het die prentjie verander.
Piek het baie ervaring in die sakewêreld, van korporatief tot klein ondernemings. Sy konneksie met Rauch Gertenbach is danksy Van Niekerk Steyn. Steyn, een van die direkteure en Piek het mekaar sedert hulle kinderdae geken omdat hulle ‘n vakansieplek gedeel het. Deur Steyn ontmoet Piek Danie Acker wat hom in 2012 vra om na die struktuur binne die firma te kyk.
“Ek was in daardie stadium besig om te konsulteer en om vir ‘n paar kliënte besigheidsplanne op te stel toe Rauch Gertenbach my vra om ‘n twee maande projek aan te pak om krities na die besigheid te kyk.”
Piek het danksy ‘n op die man af-verslag ‘n noodsaaklike nis in die firma gevul. Na ‘n proses van herstrukturering, het Piek ‘n rol vervul wat die direkteure se hande losgemaak het om te doen wat hulle móét doen.
Die handelsmerk Rauch Gertenbach Prokureurs, is stewig gevestig en uitgebou, danksy ‘n goeie, volhoubare bemarkingsplan. Die slagspreuk “Bigger is better” is sowat sewe jaar gelede geformuleer en alles dui daarop dat die firma sy strategiese doelwitte bereik danksy goeie samewerking.
“Almal trek in dieselfde rigting, die manne aan die stuur van sake se harte is reg en die visie is sterk. Dit word bewys deur die firma se resultate en groei,” sluit Piek af.
Lees Loretta Botha se verhaal hier.
Rauch Gertenbach Inc. Centenary Medalion.
Verwante artikels:
- Rauch Gertenbach Prokureur - 'n naam wat stabiliteit spel
- Kerkstraat 10: As die mure kon praat
- Rauch Gertenbach Prokureurs 'n vaste naam en adres
- Rauch Gertenbach Prokureurs die laaste van die grondleggers
- Gaan op reis na gister met Rauch Gertenbach Prokureurs
- Rauch Gertenbach 'n geskiedkundige adres
- 'n Feesjaar vir Rauch Gertenbach
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'