Advertorial
SAKENUUS - Die ervare span van die finansiëledienste-maatskappy, PSG Wealth George, is trots op die hoë standaard wat hulle handhaaf wat verseker het dat hulle in die 17 jaar van die tak se bestaan 'n basis van baie tevrede kliënte opgebou het.
Hulle kliënte is gewoond aan persoonlike en professionele diens en daarom spog PSG Wealth George nou met 'n 'Best of George'-toekenning as die wenners in hulle kategorie.
In die Best of George-inisiatief van Group Editors het kliënte se stemme bepaal wie is die beste ondernemings in die dorp.
PSG Wealth George se hooffokus is finansiële beleggings, maar hulle lewer 'n omvattende diens wat beteken dat hulle ook kliënte kan bystaan met hul mediesefonds-, korttermyn- en lewensversekering. Hulle doen ook groepskemas. "Ons is onafhanklik en het kodes by die vernaamste versekeringsmaatskappye, so ons bied 'n wye spektrum van produkte. Ons bedien ook kliënte wat bestaande portefeuljes het wat na ons toe kom om dit vir hulle te bestuur," sê Johan Lochner, 'n mede-eienaar van die George-tak. "Elke kliënt se portefeulje word konstant gemonitor en gereeld hersien sodat ons ons kliënte op hoogte kan hou van hulle beleggings se prestasie. Portefeuljes en finansiële beplanning verskil van kliënt tot kliënt, want mense se behoeftes en situasies verskil. 'n Jong persoon wat vir sy aftrede wil begin voorsiening maak, verskil van die persoon wat oor twee jaar wil aftree."
Die span van PSG Wealth George bestaan uit Freddie Stander, stigter van die tak, Fanie Buys wat nou 12 jaar daar is, en Sherene Burger en Johan wat albei vyf jaar gelede aangesluit het.
Die oorhoofse maatskappy, PSG Wealth, is vanjaar 'n kwarteeu oud en verseker dat elke tak in 'n streng gereguleerde omgewing funksioneer.
Tel: 083 986 2004
E-pos: lochner.johan@psg.co.za
Adres: Yorkstraat 48
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’