Advertorial Gallery
GEORGE NUUS - George is deesdae die tuiste van drie PNA-winkels, tjok-en-blok vol voorraad vir boekwurms, kunssinniges en hardwerkende studente.
Eienaars Louis en Erika Fourie het hul derde winkel in George sowat 'n maand gelede, langs Mugg & Bean in die Garden Route Mall oopgemaak.
PNA in Yorkstraat bedien die gemeenskap vir die afgelope 16 jaar onder hul eienaarskap, terwyl PNA in Eden Meander Lifestyle Centre sowat ses jaar gelede deur die Fouries geopen is.
Vir Erika is dit 'n plesier om soggens op te staan en te gaan werk. Louis hou van die diversiteit van die werk: "Nie twee dae na mekaar is dieselfde nie."
PNA se produktereeks sluit in 'n wye verskeidenheid skryfbehoeftes, boeke, waaronder studiemateriaal, arts & crafts, geskenkbenodighede en kaartjies, opvoedkundige speelgoed en bordspeletjies.
"Dit is 'n goed-voel-winkel. Een van ons kliënte het vir my gesê as sy die dag 'n bietjie af is, laat dit haar onmiddellik beter voel om deur 'n PNA te loop en snuffel," sê Erika.
Tydens die pandemie het PNA 'n bloeityd beleef. "'n Week voor grendeltyd amptelik begin het, het legkaarte en arts & crafts produkte soos soetkoek verkoop," sê Louis. "Ons grootste uitdaging is om seker te maak daar is genoeg voorraad. My raad aan ouers is om nie te wag tot Januarie alvorens hulle nuwe skryfbehoeftes koop nie."
Elke PNA-winkel is uitgerus met gemiddeld 13 000 verskillende items.
Volgens beplanning het die egpaar onlangs 'n tak in Mosselbaai oopgemaak, en maak hulle einde November nog een oop in Kimberley. Saam met hul tak in Oudtshoorn en Bloemfontein is die Fouries en hul kinders aan die stuur van altesaam sewe PNA's, met bykans 60 werknemers.
Fotogalery: Derde PNA-winkel in George oopgemaak
Hulle vorm deel van die groter PNA-groep, met 103 winkels nasionaal.
Kontak George PNA's: Eden Meander Lifestyle Centre 087 237 7001; Garden Route Mall 044 868 0066 en Yorkstraat 044 873 0718.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'