Advertorial
SAKE-NUUS - Ouer lesers sal straks nog die gewilde televisiereeks van die 1980's, The A Team, onthou.
Die hoofkarakter, Hannibal Smith (George Peppard) het mos bekend geraak vir sy spreuk telkens wanneer die vier manne skelms uitgerook en holderstebolder laat vlug het: "I love it when a plan comes together."
Dis wat by die bekende Suid-Kaapse wildsplaas, Outeniquasbosch Wildlife Village aan't gebeur is – 'n plan wat uitwerk, danksy die verbeeldingrykheid van die oorspronklike eienaar, Dreyer van Zyl en sy gesin.
Kyk net wat bring hulle als op die plaas van 525 hektaar byeen: 'n uitmuntende wildboerdery; 'n gesogte residensiële uitbreiding van om en by 640 erwe; planne vir 'n privaat laer- en hoërskool; 'n beplande konferensiesentrum op sewe hektaar (wat 'n hotel, restaurant en perdryfasiliteite sal insluit); 'n kleinhandelsentrum van 12 000m² en les bes, die behoud van ruim 75% van die oorspronklike plaas as 'n "groen" gebied.
Dít wil gedoen wees.
Dreyer van Zyl het in die 1980's Outeniquasbosch as die eerste wildsplaas in die Tuinroete gevestig. Aanvanklik was sy hooffokus hier om met siektevrye buffels te boer, maar dié moes later jare veiligheidshalwe verskuif word toe die ontwikkeling van Outeniquasbosch Wildlife Village in 2019 'n aanvang geneem het.
Tien wildspesies word tans daar gehuisves: zebras, waterbokke, bontebokke, koedoes, njalas, duikers, grysbokke, bosbokke, rooibokke, kameelperde.
Weelderige fynbos-spesies
Die hersoneringsproses van die plaas het lank geduur weens die ekologies sensitiewe aard van Outeniquasbosch met sy weelderige fynbos-spesies en ongerepte landskap.
Jy mag veral in die residensiële uitbreiding belang stel: Huise word in wydverspreide groepe (clusters) geplaas met groot groen ruimtes tussenin.
Die erwe se oppervlakte wissel van 400 tot 2 000 vierkante meter en die groter erwe het 'n vier tot vyf meter boulyn.
Dit verseker groen stroke van agt tot tien meter tussen eiendomme. Die huisgroepe wissel van 40 tot 60 erwe en die wild kan oral daar vryelik rondbeweeg.
Die erfpryse – almal voltitel, let wel – strek van R850 000 tot R2,5 miljoen, afhangend van die grootte en die graad van privaatheid. Kopers kan hul eie huise ontwerp en self bou, of die gerieflike opsie van 'n erf-met-'n-bouplan uitoefen. Kies vir jou 'n erf met 'n see-uitsig of een wat op die berg uitkyk.
Outeniquasbosch Wildlife Village is troeteldiervriendelik en die heffings beloop 'n skamele R590 per maand. Inwoners geniet 24-uur sekuriteit in 'n ongerepte omgewing: Benewens die reeds vermelde bokspesies, is daar ook honderde voëlspesies, met visarende en die veelkleurige Knysna loerie as 'n spesiale bederf vir voëlkykers.
Daar is reeds 62 bewoonde huise en 'n verdere 20 is in aanbou. Die boukomitee bekyk tans talle verdere bouplanne met die oog op goedkeuring en indiening by die munisipaliteit.
Prikkel Outeniquasbosch Wildlife Village jou belangstelling? Dis geleë langs die R102, 'n klipgooi van Hartenbos af, en dit grens aan die ewe bekende Monte Christo-landgoed.
Besoek gerus hul webtuiste, www.outeniquasbosch.co.za, of skakel 082 5500 561 vir nog inligting.
Raubenheimers Prokureurs - wat al 115 jaar lank bestaan - is sedert die vroeë dae by alle aspekte van hierdie prestige-ontwikkeling betrokke. Hul kundige span sien toe dat die registrasie van oordragte en verbande seepglad verloop.
Sien: www.raubenheimers.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'