GEORGE SAKENUUS - By Securitas besef ons dat ons grootste bate, ons personeel is. Daarom het dit sin gemaak om 'n innoverende en strategiese leier soos Louwrens Selzer te verwelkom by dié finansiële groep wat spog met meer as 130 personeel, versprei tussen sewe kantore.
Securitas se hoof- uitvoerende beampte, Fanie Wasserman, glo Selzer sal as hoof van besigheid, die maatskappy laat groei en leiding bied in terme van strategie en hoëvlak onderhandelinge.
"Skoenmaker hou jou by jou lees…" Dit is presies wat Elmarie Snyman doen sedert 1989.
Snyman is 'n hoogs professionele mens en is sinoniem met integriteit, kundigheid en drif vir kliënte-tevredenheid. Sy het ondervinding in die kommersiële sowel as persoonlike lyn korttermyn-wêreld. Ons sien daarna uit om meer van Snyman se vaardighede, kennis en mensekennis te leer.
Securitas is ook bevoorreg om Tersia Conradie as deel van die span in George te verwelkom. Tersia sluit aan as 'n lewens- en beleggingsadviseur met waardevolle ondervinding wat sy na die groep bring.
Elmarie Snyman.
Terwyl ons gebombardeer word met kunsmatige intelligensie en 'n oorbeklemtoning van 'n digitale wêreld, besef Securitas dat persoonlike diens steeds as prioriteit beskou moet word. Dit beteken egter dit verseker nie dat ons tegnologies agterbly nie.
Die maatskappy ignoreer nie die uitdagings van 'n Afrika-kontinent nie, maar het 'n realistiese, optimistiese uitkyk oor Suid-Afrika. Met 'n voetspoor wat dwarsoor die land strek, bedien ons kliënte met kundige advies wat strek van mediese fondse tot testamente, beleggingsbeplanning en korttermynversekering.
Aangesien Securitas kontrakte met al die verskaffers het, kan die maatskappy kompeterende tariewe aanbied. Vir 'n deursigtige tweede opinie, skakel ons gerus by 079 242 47 82 of 044 801 5900.
Tersia Conradie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'