Advertorial
MOTOR NUUS - Die Yaris-modelnaam is bekend en gewild in Suid-Afrika sedert dit in 2005 bekendgestel is.
Altesame vier weergawes van dié kompakte stadsluikrug is beskikbaar en 'n splinternuwe Yaris is nou pasgemaak om in die behoeftes van veranderende Suid-Afrikaanse klante te voldoen.
In 'n wêreld waar ons glo "groter is beter", het die nuwe Yaris ook in postuur gegroei en bied nou meer as voorheen.
Die nuwe Yaris het 165 mm langer en 5 mm breër geword, wat sy buite-afmetings en binneruim dienooreenkomstig 'n stewige hupstoot gegee het.
BUITE
'n Splinternuwe ontwerp steel die kollig met 'n syaansig wat 'n mens aan ouboet Auris herinner.
Die ontwerp van die voorkant pronk met slanke kopligte en swart 'vinne' aan weerskante van die Toyota-kenteken in die middel soepel na die middelste fokuspunt vloei.
Die dagligryligte (DRL) met 'n dun lugopening, sit in die boonste hoeke.
Die syaansig is steeds dié van 'n klassieke luikrug met 'n stileringlyn wat van die hoeke van die buffers af na die agterkant van die motor strek om 'n gevoel van kontinuïteit te verhoog.
'n Skuins agtervensterlyn en swart C-pilare laat die motor nog meer sportief lyk.
As 'n mens op die agterkant fokus, word die slanke ontwerp beklemtoon deur die voortsetting van die karakterlyn na die agterkant, leninge stertlighulsels en swart afwerking in die middel.
Sewe stylvolle kleure is beskikbaar: diamantsilwer-metaalvlokkieverf, pikswart, gletserwit, karmosyn-metaalvlokverf, grafietgrys en twee opwindende nuwe kleure – vuurpoel- en donkerblou-metaalvlokverf.
BINNE
Die volwasse gevoel word in die binneruim voortgesit. 'n Sigaarvormige voorpaneel word aangevul deur stylvolle metaalversiering om die luginlate.
Die werkruimte is in mooi glinsterende swart met verchroomde skakelaars afgewerk.
Die voor- en agtersitplekke is vir gemak en ergonomie ontwerp.
Die nuwe Yaris word deur 'n viersilinder-petrolenjin van 1,5 liter aangedryf. Die enjin, wat dubbele VVT-i en 'n dubbele oorhoofse 16-klepnokas (DOHV 16V) inspan, lewer 79 kW en 140 Nm. Die reeks bied net hierdie een enjinkeuse.
VERBRUIK
Die topspoed vir die handratmodelle is 180 km terwyl die palwissel-model (CVT) vir 'n effense stadiger 170 km gerat is.
Die amptelike brandstofverbruik word as 5,9 en 5,8 liter per 100 km vir die handrat en palwissel-weergawe onderskeidelik aangegee.
Kopers kan kies tussen 'n vyfgang-handratkas of Toyota se "Multidrive"-palwisseltransmissie (CVT) wat die voorwiele aandryf.
Die CVT-eenheid het hersiene logikabeheer wat dit vinniger op versnellerinsette laat reageer.
Die Yaris gebruik vertroude McPherson-stuttipe voorvering terwyl die agterkant 'n wringstaaf-uitleg inspan wat baie betroubaar asook kompak is.
VIR ALLE SMAKE
Vier graderings wat vir 'n breë klantebasis voorsiening maak, is beskikbaar.
Die intreevlakmodel in die reeks is die Xi, gevolg deur die middelgradering-Xs, die Cross en die Sport.
Die Sport- en die Cross-weergawe het 'n spesiale binneruim. Die CVT-weergawe is net met die Xs-gradering beskikbaar.
Die splinternuwe Yaris pronk met 'n omvattende standaardtoerustinglys, wat by stygende klantvereistes en die "groter-is-beter" uitgangspunt aangepas is.
Die intreevlak-Xi-modelle het sleutellose toegang en 'n aansitterknop, vierluidspreker-klankstelsel met USB- en Bluetooth-werking, 'n multi-inligtingskerm, elektries beheerde buitespieëls en voorste vensters sowel as elektriese kragstuur en handverstelbare lugversorging.
Die Cross-weergawe is op die Xs-gradering geskoei en kry ook dakspore, swart skermstukke aan die kante, geborselde metaal voor en agter en swart modderskermstroke wat die voertuig 'n geharde voorkoms gee.
Die Sport-model is die vlagskip van die reeks met 'n magdom sportiewe verbeterings insluitend: 'n leerstuurwiel en ratkierieknop met rooi stikwerk, twee bykomende luidsprekers, hoëdefinisie 'Optitron'-instrumente, leersitplekke, outomatiese lugversorging, misligte voor, drukvin op die luikrugdeur, hHaaivin-antenna, 'n donker metaalvlok-sierrooster en rooi afwerking.
GERIEF
Die nuwe Yaris het baie berêplekkies, twee bekerhouers voor, terwyl die middelkonsoleboks, die voor- en agterdeursakke ook groot bottelhouers in die deurpanele het.
Die bagasieruim is 8% groter as dié van die uitgaande model en kan 310 liter hou, wat die Yaris 'n skitterende reisgenoot maak.
Benewens die ruim geriefspesifikasie word sterk op aktiewe en passiewe veiligheid gefokus.
Die Xi, Xs en Cross is op hierdie gebied voorsien van bestuurderlugsakke, Isofix-hegpunte, ABS met remhulp (BA), elektroniese remkragverdeling (EBD), voetuigstabiliteitsbeheer (VSC), sitplekgordelstyftrekkers en -lasbeperkers sowel as opdraandewegtrekhulp (HAC).
Die Sport-weergawes het ook kant-, gordyn- en bestuurderknie-lugsakke.
BESONDERHEDE
Die pryse is as volg: 1,5 Xi MT - R230 800; 1,5 Xs MT - R253 400; 1,5 Xs CVT - R268 500 en 1,5 Cross - R268 500.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'