Advertorial
GEORGE NUUS - Die dorp se oudste regsfirma, Raubenheimers Prokureurs, vier opwindende nuwe aanstellings by hul praktyk in Cathedralstraat 60, George.
Karin Smit, wat reeds die afgelope twee jaar as aktebesorger by die firma werksaam was, het sedert 1 Maart 'n direkteurstoel ingeneem. Karin sluit aan by die huidige direkteurspan: Ann Coetzee, Willem Luttig, Johannes Jumat en James Claasen.
Karin is 'n Karookind en het in Middelburg in die Oos-Kaap groot-geword, waarna sy met 'n beurs van Justisie Kollege aan Unisa in Pretoria studeer het.
Karin Smit het haar loopbaan in die regte as staatsaanklaer in Bloemfontein begin. 'n Warrelwind oorplasing na die Overberg besorg haar 'n jaar later in Bredasdorp, waar sy haar man ontmoet, trou en met 'n gesin begin.
Na 'n dekade se diens bedank sy uit justisie, voltooi daarna haar LLB-graad met afstandstudies aan Unisa. In 2010 verhuis sy en haar gesin na Bloemfontein en betree sy die privaat praktyk as prokureur.
Steeds is die boeke nie weggepak nie en sy skryf die akteseksamen in 2011, waarna sy as aktebesorger begin praktiseer en ook later haar notariële toelating voltooi. In 2021 trek Karin en haar man terug na die Wes-Kaap, waar sy haar by Raubenheimers Ingelyf aansluit met 'n tydelike pos as aktebesorger, wat spoedig permanente status kry.
Die pragtige gebou by Cathedralstraat 60 is in 1995 deur Raubenheimers ingeneem.
Oor naweke ry Karin graag die stofpaaie van die Tuinroete agter op 'n motorfiets plat, besoek heerlike koffiekroeë in die omgewing, of beproef 'n nuwe resep as sy van die strand af kom.
"Jy verander jou lewe deur jou gedagtes te verander," sê Karin oor haar lewensfilosofie.
Die volgende belangrike skuif is die van Déhan du Plessis, wat in Desember verlede jaar as aktebesorger by die firma toegelaat is. Déhan, wat in 2020 van Welkom verhuis het en as klerk by die firma begin werk het, hanteer tans oordragte, verbande en eiendomsontwikkeling.
Marize Nunns is 'n Georgiet en 'n trotse oud-Kwagga en het in Januarie 2022 met haar klerkskap by Raubenheimers begin. Haar deursettingsvermoë is op 3 Maart vanjaar beloon met haar toelating as prokureur.
Raubenheimers fokus ook op ontwikkeling van die praktyk met die aanstelling van Eldonè Swanepoel in Januarie vanjaar as die firma se nuwe kandidaatprokureur. Sy kom oorspronklik van Jeffreysbaai in die Oos-Kaap en het regte studeer aan die Universiteit van die Vrystaat.
Raubenheimers Prokureurs is 116 jaar gelede in 1907 deur die Hendrik Jacobus Raubenheimer gestig. Die pragtige gebou in Cathedralstraat, oorkant Holy Cross Primary se kleuterskool, is in 1995 deur Raubenheimers ingeneem. Die span prokureurs bedryf 'n algemene regspraktyk wat fokus op eiendomsreg, familiereg, litigasie en boedelberedding. Dr. Willie van Breda is hul konsultant in kommersiële reg. Kontak Raubenheimers Prokureurs by 044 873 2043 of stuur 'n e-pos na info@raubenheimers.co.za
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'