Advertorial
GEORGE SAKENUUS - Die besprekingskantoor in Yorkstraat bied soveel meer as net die belofte van 'n reis êrens heen.
Hier kan liefhebbers van LEGO na hartelus kom kyk na 'n uitgebreide reeks van dié immergewilde speelgoed, geskik vir persone van alle ouderdomme.
Julie Griebenouw, een van die besprekingsagente, het 'n groot liefde vir LEGO. Met haar besonderse bemarkingsvermoë, is sy die aangewese persoon om enige voornemende LEGO-koper met raad en daad by te staan. Antonette Doman is bykans 20 jaar al 'n bekende stem op die lyn en 'n geliefde gesig in die besprekingskantoor.
Antonette word geken aan haar warm, liefdevolle geaardheid en haar sprankelende persoonlikheid. Besoek hierdie Vrouemaand die besprekingskantoor oorkant Agri, vir enige reisbehoeftes en ook om die LEGO-winkel te geniet.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'