Advertorial
TUINROETE SAKE-NUUS - Vroeër jare was die inry op Hartenbos nét die plek om te wees. Fliekvlooie het destyds selfs vanaf George en Oudtshoorn gereis om dié skouspel op die silwerdoek te beleef.
Op 30 Oktober herleef hierdie nostalgiese tradisie by Hart & Bosch Village in ‘n heel nuwe gedaante. Sean Ekström, gebore Mosselbaaier dink met heimwee aan die inry terug.
Toe hy die grond waar die ou toegangspad was koop en begin ontwikkel, was die skep van ‘n nuwe inry reeds in sy gedagtes.
Die koms van Covid-19 en sosiale distansiëring wat ‘n realiteit geword het, het hom laat besef dat dit die ideale tyd is om ‘n inry te skep as deel van die groter Hart & Bosch Village ontwikkeling, wat uiteindelik ‘n vulstasie, ‘n geriefswinkel, kwekery en dies meer sal hê. ‘n Mark met ‘n verskeidenheid stalletjies en ‘n veilige pretarea vir kinders, is ook ‘n groot trekpleister wat reeds op inryaande beskikbaar sal wees.
“Mense wil uitkom, maar hulle wil veilig uitgaan. Inry is hiervoor ideaal,” verduidelik Sean. “Ons wil iets nuuts in die Suid-Kaap bied – baie atmosfeer vir ‘n heel nuwe ervaring van iets uit die verre verlede.” Hy wil ‘n hele nuwe generasie aan die nostalgie van inry toe gaan, bekend stel. En dit alles slegs twee minute se ry van Hartenbos af.
Die inry sal ‘n verskeidenheid flieks vertoon wat iets vir elke smaak sal insluit. Kaartjies vir vertonings kan deur ‘n gebruiksvriendelike aanlynplatform bespreek en betaal word.
Hekke maak 18:00 oop wat fliekgangers genoeg tyd gee om na ‘n musiekoptredes te luister, asook om die stalletjies Honger en Dors te besoek, vir onderskeidelik iets te ete en te drinke. Toegang is R190 per voertuig met vier persone en R75 per addisionele persoon. Alkoholiese drankies is ook beskikbaar.
Besoek HART & BOSCH Village op Facebook vir meer inligting en besprekings.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'