Advertorial
GEORGE SAKENUUS - Mediclinic George is nog 'n spesialis ryker met die aankoms van dr. Rachel de Bruin, algemene chirurg, wat tans waarneem by die praktyk van dr. Leonie Schoeman.
Dr. De Bruin het van Bloemfontein af verhuis waar sy vanaf 2008 in 'n privaat praktyk was.
George is nie vir haar onbekend nie, want nadat sy gematrikuleer het in Kimberley, die dorp waar sy grootgeword het, het sy 'n jaar deurgebring by die destydse Suid-Afrikaanse Leërvrouekollege (Salvkol).
Sy het haar voorgraadse studies in Bloemfontein voltooi en was in Nelspruit vir haar huisdokterjaar. Hier was sy vir 'n verdere jaar as mediese beampte verbonde aan die chirurgiedepartement van die Rob Ferreira-hospitaal.
Sy is terug na Bloemfontein waar sy 'n pos as mediese beampte in kritieke sorg aanvaar het. Dit is opgevolg deur een jaar as kliniese assistent in plastiese chirurgie, waarna sy haar algemene chirurgie-studies in die Rosestad voltooi het.
Sy was drie jaar lank 'n konsultant in algemene chirurgie (bors-endokrien) aan die Universiteit van die Vrystaat voordat sy privaat begin praktiseer het.
De Bruin sê gholf het hulle as gesin op 'n gereelde basis George toe gebring. "Op so 'n gholfbesoek in Oktober 2020 het dr. Schoeman my genader om in haar praktyk waar te neem."
Sy bied 'n allesomvattende diens wat borssiektes, sagteweefseltoestande, spysverteringskanaalprobleme, endokriene patologie en basiese kinderchirurgie insluit. "My groot belangstelling vir baie jare lê in kwaadaardige en nie-kwaadaardige borstoestande."
Enige aftyd spandeer sy saam met haar gesin, sê sy. Haar "ek-tyd" is wanneer sy vroegoggende gaan draf.
De Bruin is getroud met Louw, 'n siviele ingenieur, wat ook boer. Hulle het twee kinders wat reeds by skole in George ingeskakel het.
• Adres: Gloucesterstraat 13
• Tel: 044 873 2726
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'