Sponsored Content
SAKE-NUUS: Die splinternuwe lokaal by La Plume Boutique Gastehuis en Spa buite Oudtshoorn het die eer gehad om gekies te word as een van elf lokale landwyd vir die bekendstelling van Absa se nuwe embleem en kleure. Die elf landwye lokale is op 7 Julie deur satellietverbinding aan mekaar gekoppel en verrigtinge is gebeeldsend sodat gaste by die verskillende lokale gelyktydig in die opwinding kon deel.
Tracey Lange, die bekende aanbieder van programme soos Bravo, was die aankondiger by La Plume. Die hooffunksie is by Gallagher Estate in Midrand aangebied. Ander lokale was onder andere in Port Elizabeth en Kaapstad.
Die nuwe La Plume onthaalarea met sy kleimure, kristalligte en afsonderlike buffetareas skep 'n unieke karakter en atmosfeer en kan met gemak 200 huisves. Die groot bome voor die lokaal sorg vir koelte vir 'n heerlike kuier buite met 'n pragtige uitsig oor die Olifantsriviervallei en die Swartberge in die agtergrond.
Die veelsydigheid van La Plume se lokaal was tydens die Absa-funksie duidelik toe dit in 'n totaal ander kleurvolle en feestelike formaat getooi was. Hierdie veelsydigheid maak van La Plume die ideale lokaal vir bykans enige soort funksie.
Gaste by La Plume tydens die Absa-geleentheid.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'