Advertorial
GEORGE NUUS - Hoërskool Outeniqua is in die HART van George en die pragtige Tuinroete geleë.
Die besonderse geografiese ligging, heerlike klimaat, lieflike strande, asook sy wandelpaaie deur die unieke natuurskoon van berge, woude, mere, en riviere maak van George ‘n ware paradys.
Hoërskool Outeniqua is in 1923 gestig en is vanjaar 95 jaar oud.
Die roemryke skool bied ‘n gebalanseerde opvoeding aan sy 1 650 leerders.
Die Hoërskool Outeniqua is baie trots op ons Kwaggas se akademiese-, sport- en kultuurprestasies, sowel as op ons oud-Kwaggas wat veral gedurende 2017 ‘n glorieryke jaar beleef het.
Ons doelwit by Hoërskool Outeniqua is om elke leerder as totale mens te ontwikkel en die nodige kennis en praktiese ondervinding te gee om verder te studeer of om die beroepslewe met vertroue te betree.
Ons wil ook hê dat leerders binne ‘n veilige omgewing die lewe sal geniet.
Die skool bied ‘n wye vakkeuse, ‘n verskeidenheid kultuur- en sportaktiwiteite en hope geleenthede vir leierskap- en mensontwikkeling aan.
Hoërskool Outeniqua is bekend vir sy uitstekende akademiese onderrig, puik akademiese onderrigfasiliteite, goed opgeleide, gemotiveerde en entoesiastiese personeel, tradisieryke geskiedenis, verrykende en karaktervormende kultuurbeoefening, vele sportgeleenthede, skitterende akademiese, sport- en kultuuruitslae en hope geleenthede vir gesonde pret.
KWAGGAS VIR KWALITEIT • DIE SKOOL VIR ELKE KIND
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'