Advertorial
SAKENUUS - Wat nederig begin het as een man se droom, is vandag 'n suksesvolle siviele konstruksiemaatskappy wie se handewerk regoor Suid-Afrika, asook in aangrensende lande te siene is.
Henra, die breinkind van Hennie Rall, is vandag 'n trotse baken buite Hartenbos en bied permanente werk aan sowat 250 personeellede.
Afhangend van die projekte waarby hulle betrokke is, kan hierdie getal dikwels groei tot meer as 500.
Henra spog nie net met projekte in die Suid-Kaap en Wes-Kaap nie, maar ook in die Noord-Kaap, Oos-Kaap, en die buurlande Botswana en Lesotho.
Dit sluit ondermeer in siviele werk soos grondwerke, pyplyne en padwerk by die SKA-projek te Carnarvon, asook by sonkragaanlegte soos Kaxu, Khi, Bokpoort en Ilanga in die Noord-Kaap. Daar was ook die hergruis van die Nossob-pad in die Kgalagadi Oorgrenspark en die vervang van waternetwerke in Maseru, Lesotho.
Uitvoerende direkteure Nic van der Merwe en Robbie Zamudio, praat met die grootste agting van wyle Hennie Rall, wat sy hart en siel in die vestiging en opbou van die maatskappy gesit het. Nic is reeds 22 jaar deel van die span, met Robbie wat in 2013 by Henra aangesluit het. Volgens hulle lê Henra se krag in sy toegewyde personeel.
"Ons mense máák ons besigheid," meen Nic. Robbie voeg by dat Henra 'n baie stabiele werksmag het, met van die personeel wat al meer as 25 jaar by die maatskappy werksaam is.
Mylpale in dié 30 jaar is talryk, maar iets waarop Henra besonder trots is, is hulle 9 CE CIDB-gradering, waarvolgens Henra kan tender op projekte van onbeperkte finansiële waarde.
Henra is steeds ook suksesvol met kleiner projekte. Henra het tans 'n BBBEE vlak 1-gradering.
In 2012 het Henra uitgebrei na die herbou en herseël van provinsiale paaie. Die uitbreiding in provinsiale padkonstruksie het ook die vestiging van Henra se asfalt-afdeling te weeg gebring.
Heelwat padkontrakte is sedertdien suksesvol vir die Wes-Kaap provinsiale regering voltooi.
Al is die viering van hulle 30ste bestaansjaar effe op 'n syspoor gerangeer vanweë die Covid-19-pandemie, is die vasbytgees by Henra opmerklik.
"Ons is bewus van die uitdagings in siviele konstruksiebedryf wat reeds voor die pandemie 'n realiteit was," verduidelik Robbie.
Die huidige bestuur is baie positief oor die toekoms van Henra en is oortuig daarvan dat die nuwe generasie sal voortbou op die suksesse wat oor die afgelope 30 jaar behaal is. Verder is die bestuur opgewonde dat André Rall, Hennie se seun, ook nou deel vorm van die span.
Met die ikoniese pienk geverfde roller, 'n landmerk buite hulle kantore in Hartenbos, is Henra 'n wesenlike deel van die Mosselbaai-gemeenskap. Kenmerkend van konstruksie en veral die herbou van strate, is Henra se werk altyd baie sigbaar, dit is soms ontwrigtend en tot die gemeenskap se frustrasie. Die eindproduk is darem altyd tot almal se voordeel. Henra se oogmerk is om altyd vir die gemeenskap toeganklik te wees.
"Henra bedank al sy kliënte en raadgewende ingenieurs vir hul lojale ondersteuning en vertroue wat ons in staat gestel het om aan hulle suksesvolle kontrakte te kon lewer. Hiermee saam wil ons ook ons verskaffers en sub-kontrakteurs bedank vir hul volgehoue ondersteuning."
Een van die hoofpaaie wat deur Henra gebou is. Foto's: verskaf.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'