Advertorial
SAKENUUS - Na 'n ongelooflike Harvest-aand verlede jaar is die opwinding groot vir CRC (Christian Revival Church) George se Harvest 2025.
Die gratis geleentheid vind plaas op Woensdag 13 Augustus om 19:00 by die Outeniqua-rugbystadion. Dié jaar verwag CRC nóg meer mense om saam te kom vir 'n aand van geloof, genesing en geestelike herlewing.
Verlede jaar het duisende mense opgedaag om saam te aanbid en na die boodskap van pastoor At Boshoff te luister.
Die atmosfeer was vol lewe en baie harte is aangeraak. Baie mense het Jesus aangeneem en nuwe lewe gevind.
"Vanjaar vertrou die gemeente op nóg meer mense wat tot bekering kom," sê pastoor Pierre Spies van CRC George.
Vir gesinne met kinders sal daar kindersorg op die terrein beskikbaar wees, sodat ouers die aand met gemoedsrus kan bywoon. "Ons sien uit na wat God hierdie jaar in George gaan doen. Ons nooi almal uit, so bring jou vriende, familie, selfs jou bure saam. Dit gaan besonders wees! Moet dit beslis nie misloop nie!"
Harvest 2025 is gratis, oop vir almal, en dit beloof om 'n aand te wees wat jy lank sal onthou.
Vir meer inligting, besoek CRC se webwerf of volg CRC George op Facebook en Instagram.
Pastoor At Boshoff
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’