Gallery Sponsored Content Video
BESIGHEIDSNUUS EN VIDEO - Hartland landgoed bied aan inwoners 'n unieke, veilige leefstyl met uitsigte oor die see aan die een kant en die Outeniqua berge aan die anderkant, knus geleë tussen die Hartenbos- en Kleinbrakriviere.
Die Hartland landgoed wat oor 10 jaar ontwikkel word, is nou in die derde jaar met twee fases wat reeds uitverkoop is en nuwe fases wat uitgesit en ontwikkel word.
FOTOGALERY: Hartland landgoed bied 'n unieke leefstyl
Die ontwikkeling word per fase afgehandel om bestaande inwoners 'n ruskans van konstruksie-bedrywighede te gee.
'n Private Afrikaanse laer- en hoërskool, genaamd Hartland Akademie is onlangs bekend gestel. Dié skool word volgende jaar gebou en sal in 2024 sy deure open vir leerders van binne en buite die landgoed.
Die leefstyl landgoed spog met 'n ongerepte natuurreservaat, fietsrypaaie en staproetes wat reeds deur inwoners benut en geniet word. Die natuurreservaat vorm 'n belangrike groen bewaringsgebied met inheemse diere en voëls tussen die twee riviere.
'n Aftree-oord met mediese geriewe en 'n besigheidskompleks word beplan as deel van die totale ontwikkeling. Die beplande besigheidsentrum gaan restaurante, koffiewinkels, salonne en 'n gimnasium bied aan inwoners. Die konsep van 'n leefstyl landgoed is dat inwoners al hul leefstyl behoeftes soos oefening, ontspanning en inkopies in die landgoed kan afhandel met die voordeel dat jy nie jou woongebied hoef te verlaat nie.
Gesofistikeerde sekuriteit
Dit is 'n groot voordeel as die area oorval word met besoekers uit ander dele van die land. Alhoewel die groter Mosselbaai-omgewing as die paradys beskryf word, het dit ook hier nodig geword om voorkomend teen misdaad op te tree. Die gesofistikeerde sekuriteit op die landgoed behels toegangskontrole met gesigidentifikasie-monitors by die ingangshek, geëlektrifiseerde heinings reg rondom die landgoed se grense, sekuriteitswagte en -kameras en hommeltuie wat veral in die meer afgeleë gebiede op die landgoed gebruik word.
Die beste manier om uit te vind of Hartland landgoed jou nuwe tuiste gaan word, is om te gaan kuier en na die verskillende opsies te kyk. Behalwe die deeltitel-villas, is daar 14 verskillende tipe huise en wooneenhede om van te kies. Voornemende kopers kan ook hul eie ontwerp kies, solank dit goedgekeur is en by die res van die argitektuur van die landgoed inpas.
Verkoopsagente is sewe dae 'n week beskikbaar vanaf 09:00 tot 17:00. Dit is nie nodig om 'n afspraak te maak nie.
Meld net aan by die toegangshek en vra sekuriteit om een van die agente te kontak. Vir enige navrae, skakel Jolene Smit by 082 335 8887 of besoek die webwerf by www.hartlandestate.co.za
VIDEO - Jolene Smit explains the many features and prices of properties on the Hartland Lifestyle Estate.
Verkoopsagente is sewe dae 'n week beskikbaar vanaf 09:00 tot 17:00. Dit is nie nodig om 'n afspraak te maak nie.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'