Advertorial
GEORGE NUUS - Op 31 Desember 2022 het Danie Acker se roemryke en suksesvolle loopbaan van amper 30 jaar as direkteur van Rauch Gertenbach 'n nuwe fase betree met sy uittrede as direkteur van die firma.
Danie het diep spore getrap in die geskiedenis en sukses van die firma en dit is vir Rauch Gertenbach 'n voorreg om aan te kondig dat hy steeds in die toekoms werksaam en betrokke sal bly binne die firma se sakeredding- en likwidasie-afdeling.
Rauch Gertenbach se fidusiêre afdeling sal voortaan onder die bekwame leiding van Maryke Landman val en sy het reeds die tuig met groot entoesiasme oorgeneem.
Die firma verwelkom Paul Delport wat vanaf 1 Januarie 2023 aangestel is as 'n direkteur van die firma.
Die direksie en personeel van Rauch Gertenbach wens al drie hierdie hoogs gewaardeerde individue alle sukses en voorspoed toe met hulle onderskeie nuwe rolle.
Paul Delport
Maryke Landman
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'