Advertorial
SAKENUUS - Die nuwe eienaars van Louvain het geen moeite ontsien om gaste Saterdagaand by die opening van die plaas se nuwe geleentheidsvenue te verwelkom nie.
Louvain is verlede jaar deur Langkloof Plase, met Saag Jonker, Hein Jonker, Morné Jonker en Piet Schoeman as aandeelhouers, gekoop en sedertdien is daar hard gewerk om die geriewe op te knap en aan te vul.
Meer as 300 genooide gaste het die openingsaand van die ruim venue met kroeg en kombuisgeriewe bygewoon.
Die perseel is naby die historiese Anglikaanse klipkerk, St John's-in-the-wilderness, opgerig en kan ongeveer 400 gaste huisves. Die kerkgebou wat in sy leeftyd al vier keer afgebrand en herbou is, kan vir troues gebruik word.
Die dag se verrigtinge is Saterdagoggend met 'n pretdraf en bergfietswedren begin.
Daar is sommer van dié geleentheid gebruik gemaak om Louvain se kamp- en nuwe ablusiegeriewe op die proef te stel deur tientalle tente op te slaan waar gaste na Saterdagaand se kuiergeleentheid kon oorslaap.
Louvain se bekende 4x4 roetes, bergfietspaaie en staproetes is ook aangepas en verbeter en daar word beplan om groot bergfietsrygeleenthede aan te bied.
Twee gaste geniet die sonsondergang tydens Saterdagaand se geleentheid. Foto's: Hannes Visser
Die historiese klipkerk op Louvain.
Steffie le Roux op die verhoog tydens Saterdagaand se opening.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo nuus'