Sponsored Content Video
SAKENUUS EN VIDEO'S - Een van Adler's Nest se grootste pluspunte is dat die sentrum nie ‘n waglys het nie.
Adler’s Nest bied reeds vir die afgelope ses jaar hoë kwaliteit sorg en is ‘n ideale tuiste vir ouerwordende persone wat verswak is, asook aan demensie en Alzheimer se siekte ly.
Mosselbaai se inwonersgetalle groei toenemend en by Adler's Nest kan inwoners dadelik met verblyf gehelp word, indien daar plek beskikbaar is en as gevolg van die feit dat daar nie 'n waglys sisteem gevolg word nie.
“Ons baseer alles wat ons hier doen op die kernbeginsels van aandag, liefde en erkenning".
Adler’s Nest bied ‘n veilige, vreedsame en stil omgewing aan alle inwoners. "Ons reëls is nie rigied nie, omdat ons wil hê die inwoners en enige besoekers moet so tuis as moontlik hier voel,” sê Hein Marx, die sentrum-eienaar.
Sorg
Geleë in die ongerepte natuurskoon van Aalwyndal, bied Adler’s Nest gespesialiseerde sorg aan ‘n maksimum van 62 inwoners. Buiten verswaktesorg, is uitstekende mediese sorg 24 uur per dag ook beskikbaar.
Die oogmerk is om uiteindelik aan 100 inwoners versorging te bied. Die sentrum is in ‘n voortdurende proses van opgradering en verbetering.
Gedurende die afgelope twee jaar is ‘n nuwe vleuel ook aangebou. 'n Deel van die jongste uitbreiding is ‘n nuwe kombuisfasiliteit en eetsaal.“Dit is vir ons baie belangrik dat ‘n positiewe atmosfeer by Adler’s Nest moet heers. Dit is die eerste gewaarwording wat ons wil hê dat besoekers, wat dikwels ook inwoners se kinders insluit, moet beleef.”
Marx meen dat sy personeel streng volgens hierdie kriteria in diens geneem word. Die aktiwiteitsprogram vir inwoners bied 'n groot verskeidenheid en sluit bingo, kaartspeel, danse, musiek, verf, inkleur, kleiwerk en buitelugaktiwiteite in.
Adler’s Nest ondersteun ook die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) deur ‘n palliatiewe sorgfasiliteit beskikbaar te stel, soos nodig.
Kontak: Hein - 082 801 5399.
Besoek: www.adlersnest.co.za
E-pos: info@adlersnest.co.za
Geleë in die ongerepte natuurskoon van Aalwyndal, bied Adler’s Nest gespesialiseerde sorg aan ‘n maksimum van 62 inwoners.
VIDEO - Adler's Nest - Alzheimers, Dementia en Frail care Centre:
VIDEO - Hein Marx gesels oor Alzheimer en Dementia:
Adler’s Nest bied ‘n veilige, vreedsame en stil omgewing aan alle inwoners.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'