Soos die naam aandui, is kopers dag en nag welkom - wat besonder handig is vir iets wat skielik opraak of as 'n mens 'n veilige OTM nodig kry.
Boonop het die vulstasie saamgespan met Imperial George en wag daar 'n Ford Figo 1,4 vir een gelukkige klant wat in 2014 die regte sleutel trek om die motor aan te sluit.
Vir elke R50 wat in die winkel bestee word, kry die klant 'n plakker en met elke groep van tien plakkers is hy of sy geregtig op een inskrywing vir die motor. Opwindende kleiner pryse sal ook gereeld gewen kan word - hou gerus die pers dop.
Shell het ook 'n besondere promosie by sy uitsoekvulstasies geloods vir die vakansietyd. Klein Ferrari-modelle wat van Lego blokkies gebou word, is ook by Kraaibosch beskikbaar.
Die uitsonderlike deli-afdeling bied allerlei lekkernye en langs die gesellige koffiekuierplek is daar 'n veilige speelplek vir kinders.
Gaan kyk gerus self na alles wat die Shell Kraaibosch-vulstasie en En Route 24 alles aanbied! Dit is oorkant die Garden Route Mall geleë en danksy 'n ekstra inrypad na die vulstasie kan dit nou ook vanaf Knysnaweg bereik word.
Tel: 044 887 0480
Morné Strauss van Kraaibosch binne En Route 24 waar die Ferrari-motortjies te koop is.
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'