Advertorial Gallery
SAKENUUS - 'n Kersmark wat besoekers se tone laat omkrul van lekkerkry, vier vanjaar hul vyfde bestaansjaar. Met meer as 150 uitstallers van oor die land, Suid-Afrika se mooiste goeters en 'n vrolike atmosfeer is die Ekliefkrismis-kersmark dié plek om te wees.
Die mark word van 10 tot 21 Desember by Eden Place, Kraaibosch (ou Radermachers-gebou) aangebied.
As 'n hartsprojek van 'n ma- en dogterspan, Amanda en Lorinda van Dyk, het die inisiatief ontstaan uit hul liefde vir die mooi dinge in die lewe, "en omdat Kersfees in sy volle betekenis vir ons baie spesiaal is," het Amanda gesê. "Met Ekliefkrismis wil ons 'n platform in George skep vir passievolle, kreatiewe entrepreneurs waar hul besighede kan ontwikkel.
Fotogalery: Ekliefkrismis vier vyf jaar
"Terselfdertyd wil ons 'n bymekaarkomplek vir families en vriende skep om saam tyd deur te bring ná die dolle gejaag van die jaar." Die mark ondersteun liefdadigheidsprojekte soos die Tuinroete-dierebeskermingsverening (DBV) en Kankervereninging (Kansa).
Produkte sluit in klere, juweliersware, speelgoed en dekor-artikels wat nie in gewone winkels beskikbaar is nie.
- Marktye: Maandag tot Saterdag van 09:00 - 18:00.
Hoogtepunte:
- 10 Desember: 18:00 Mark open onder Kersliggies met die legendariese musiekgroep, The Coffee Snobs (optrede begin om 19:00).
- 10 Desember: Kansa 'Shades of Pink'-pretstap vir borskanker. Registreer by Kansa-kantoor (of op die dag vanaf 16:00-18:00). Tyd: 18:00. Koste: R50 per persoon. Tema: 'Dress up, show up' (dra pienk).
- 14 Desember: 5 km Ekliefkrismis-brakstap "Paws for a Cause" as fondsinsameling vir Tuinroete DBV. Registreer om 09:30; pretstap begin 10:00. Koste: R5 per poot / menslike voet.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'